Volgers

07/10/2010

Discovery of Church Unity in the diversity of Muembe district

Discovery of Church Unity in the diversity of Muembe
A Biblical Worldview and Transformational Development Conference were conducted in Chiconono, Mozambique from 23-25 September 2010 by Hope for Africa in partnership with Hande Vat Project and the Reformed Church of Mozambique. Hein van Wyk, Johannes Aucamp and Danie Murray facilitated the Conference.
Twenty five delegates from the communities of Chiconono and Muembe attended the three day Conference. Together they represent two denominations.
The Conference was hosted and organised by Aubi Banda from the IRM Congregation at Chiconono. This was the first time that a Conference was arranged and funded by the local community of Chiconono. It was also the first time that a multi-denominational gathering of this kind happened among the Yao people.  
The outcomes of the conference were to see a growing vision for community development through cultural transformation, a basic understanding of worldview and of the role of the Church in society. All of this is practically applied through the demonstration of God’s love in every area of community life.

During the conference the delegates had the opportunity to deal with cultural lies like tribalism, male superiority and the worship of the ancestors in practical small group discussions.

The delegates also had opportunities to demonstrate God’s love in practical ways to one another and to the community. This include
o   Washing one another’s clothes
o   Cleaning the church premises
o   Cleaning shoes
o   Buying and giving away sugar cane
o   Giving away clothing and a radio
o   Cleaning floors
o   Sharing the Gospel
o   Prayer for sick people
o   Carry heavy things for others
o   Helping with small tasks in the community

Finally delegates gathered in community and denominational groups to discuss follow up plans to the Conference.
Soli Deo Gloria! 

DOMINEE EN OUDERLINGE RAAK OPENLIK TEENOOR MEKAAR

AGTERGROND
Die handevat bediening het 'n proses aan die gang gesit om gemeentes in RSA met gemeentes in Mosambiek te verbind. Ons noem dit tweeling gemeentes. In die meeste gevalle is daar ook hulp aan die plaaslike dominee betrokke hierby. Normaalweg behels dit 'n R500 per maand vir die dominee omdat gemeentes nog nie geleer het om 'n dominee te onderhou nie. Dit is egter baie belangrik dat plaaslike gemeentes ook begin bydrae sodat dit nie net weer afhanklikheid bevorder nie. Om die proses voort te sit raak dit egter belangrik dat Mosambiekse gemeentes daarby betrokke moet wees. Die proses word dikwels baie vertraag deurdat dominees nie kans sien om vir die gemeentes te vertel dat hulle hulp kry en hoeveel dit is nie. Die redes verstaan mens ook en is die volgende:
Gemeentes is gewoonlik in baie landelike omgewings waar mense met vreeslik min geld oorleef en die bedrag klink vir plaaslike mense vreeslik baie. Dominees wat van ander omgewings af inkom het klaar 'n baie groot probleem om verhoudings met ouderlinge te bou want hulle sien hom as iemand wat hulle krag en status kom steel. As hulle dan hiervan hoor word daar gereken dat dit hulle geld is wat deur die dominee gevat word en kan dit die verhouding net nog moeiliker maak.
Verder is dit baie moeilik vir dominees om vir mense te leer dat die kerk nie 'n plek is waar ontvang word nie, want dit is die algemene verstaan van kerk. Die gemeentes in Mosambiek moet ook bydrae vir dominees. As hulle hoor dat die dominee soveel geld kry dan voel hulle dat dit glad nie nodig is om iets vir hom te gee nie en verwag hulle net meer hy moet hulle help.

GEMEENTE
Die dominee gesels met ons en kom sterk onder die indruk daarvan dat hy graag eerlik met sy gemeente wil wees. Ek probeer dit selfs afraai ter wille van die negatiewe effek wat dit kan he, maar hy gaan voort om my te vra om eerlik vir sy gemeente te vertel. (probeer altyd op die punt kom dat daar 'n plaaslike behoefte daarvoor is en dit vat soms baie lank).
Ek preek die Sondag oor leuens en waarheid en hoe ons tradisies in Mosambiek dikwels die waarheid verdraai. Daar is dus 'n sterk bewustheid om vanuit Bybelse waarheid te wil lewe. Na die diens bly 'n klompie vrouens en ouderlinge agter om te gesels oor die gemeente. Ons gesels eers oor die groei in die gemeente en wys hulle op die persoon in RSA wat vir hulle bid. (in hulle geval nie 'n RSA gemeente nie, maar 'n individu). Ons praat oor wat die dominee nodig het om sy werk te doen. Ons maak 'n klomp somme en bewys dat die dominee net vir sy vervoer ongeveer 450 rand nodig het per maand. Hulle word skielik met groot bedrae gekonfronteer (2300 Meticais). Toe lig ek hulle in van die persoon wat hulle dominee help met R500. Daar word gevra of dit genoeg is en hulle sien dat dit amper net die vervoer dek. Hulle dominee kan nog nie eet of kinders skool toe stuur ens nie.
Hier verduidelik ons dat die persoon in RSA weet dit is te min, want hulle wil in vennootskap met die gemeente ingaan om saam te werk. Dit is egter goed om vir die ondersteuner in te lig wat word aan die kant gedoen, want hulle wil graag saam werk. Op die ou end word gesien dat daar tot dusver nog omtrent geen plaaslike bydrae was nie. Die dominee het eie besighede wat hom ook ondersteun en ons gesels daaroor dat hulle nie daarna moet kyk nie, want daar kan vorentoe 'n ander dominee kom en verder is hulle besig om hulle eie groei te verhinder as hulle nie begin help nie.
Ons kom toe by die punt waarop ek 'n video van hulle gaan neem en hulle vir die persoon in RSA 'n boodskap kan stuur. Hulle het toe op hulle eie gesit en 'n boodskap voorberei. Met die terugkom het ek die boodskap opgeneem waar die ouderling, toe 'n vrou en daarna 'n dominee gepraat het. Die boodskap het gese dat hulle nog swak is, maar dat hulle graag wil groei en vra dus voorbidding. Verder se hulle dankie vir die bydrae aan hulle dominee en vra dat dit moet voort gaan indien moontlik. Omdat daar ook siekte in die persoon se familie is, word daar dan ook voorbidding daarvoor belowe. Verder vertel hulle van hulle werk om stene te maak om 'n nuwe kerkgebou op te rig. Ek kon hulle werk dan ook op die video vasvang.

Die soort van groei prosesse kan dalk as eenvoudig en stadig klink, maar ek dink dit is van die kosbaarste goed wat in God se koninkryk kan gebeur! Ek hoop dat daar baie is wat my dankbaarheid teenoor die Here deel en dalk onthou om vir die prosesse in te tree.
Danie

09/09/2010

IRM visie gesprek

Ek word gevra om deel te wees van die visie kommittee van die Tumbine sinode. Ons het 4 ure gehad om te praat oor: Wat is 'n visie? en Wat is die Tumbine sinode se visie?

Eers luister ek net na die ouderlinge en jong dominees gesels oor die visie. Hulle kom toe tot die gevolgtrekking dat ons visie van die kerk 'n geestelike lewe moet wees. Om dit te bereik wil hulle dominees vra om ouderlinge op te lei, verder moet daar baie gebid word en gebedsgeleenthede gereel word.
Ek vra toe die vraag: As mens iemand kry wat hierdie geestelike lewe het, hoe weet mens dat hy dit het? Watter bewys het mens dat iemand die geestelike lewe het wat ons as visie daar stel. (Die doel is om hulle te help om te weet wat 'n geestelike lewe is, want mens kan agterkom dat dit nog nie verstaan word nie). Hulle is toe onkant gevang deur die vraag en weet nie regtig nie. Ek vra toe die volgende vraag: As iemand gereeld kerk toe gaan, is dit 'n bewys van 'n geestelike lewe?  Vinnig word ja gese, maar gou daarna word gese, nee. Dit is dalk 'n goeie teken, maar dit is nie 'n bewys nie. Toe vra ek: As iemand opgelei word as 'n dominee en later preek en nagmaal bedien, Is dit 'n bewys van geestelike lewe? Hulle se toe weer vinnig: "sekerlik tog", maar weer kom die tweede keer die antwoord: "Nee dit is ook nie te se nie!" Nou wat is hierdie gogga wat ons noem "geestelike lewe"?
Die vrae het die gesprek baie besig gehou. Op die ou end het die vraag sy kring geloop en terug gekom na my toe. Ek begin toe, met deelname ook van hulle, my visie te verduidelik: 'n Baie goeie teken van 'n geestelike lewe is 'n persoon se hart. Hoe sien mens 'n hart? Die hart het gevolge, waarvan vir my die grootste die dienskarakter van God se hart is. Liefde wat bewys word in dade van diens. Dit is iemand wat regtig ander WIL help en bereid is om homself onder en langs die eenvoudigste mense te stel, hulle hande te vat sonder om te veroordeel 'n pad saam loop ten spyte van homself, want so 'n persoon WIL graag help. Dit straal uit sy hele gesindheid. Nederigheid liefde en diens is dus van die goed wat wys dat 'n persoon 'n geestelike lewe het.
Hierop bou ons toe verder 'n visie waar die dagbestuur van die sinode die visie draers van die kerk sal wees. Dus mense sal wees met hierdie diepe begeerte en strewe om die kerk te bedien tot by elke lidmaat op die grond. Hulle, in hulle besoeke aan die ringe dra dan die gesindheid oor. Hoe word so 'n gesindheid oorgedra? Kan dit op die ou styl gedoen word waar mense gese word wat om te doen? Die antwoord is nee, want die manier waarop jy werk is belangriker as wat jy doen. Die manier dra die hart oor nie wat jy doen nie, wat jy doen is in elk geval vol foute.
Wat dan van die departamente van die sinode soos die mediese werk. Vinnig sien mens dat dit bedoel is om die mense te dien, maar daar word erken dat baie werkers dikwels werk ter wille van betaling status en krag wat hulle daaruit kry. Die sinode moet dus sulke mense nie veroordeel nie, maar help om dit te doen om werklik die gemeenskap te dien en nie om eie gewin nie. Mense wat aangestel moet word, moet volgens die visie gekies word ens.
Die groep het baie opgewonde geraak hieroor en het vreeslik lekker saam gepraat en vrae gevra. Daar is 'n opgewondenheid as iets van God se hart verstaan word. Die probeem is net dat dit so ver van die huidige situasie is, dat hulle bang word om dit oor te dra. In die groepsmense se gedagtewereld is dit baie moeilik om sulke drastiese standpunte in te neem. Hulle se toe dat hulle dit gaan se, maar dat ek die vrae moet antwoord as daar vrae is. Op die ou end het hulle dit glad nie in hulle verslag genoem nie. Ek verstaan dit heeltemal en besef dat dit nog tyd gaan vat.  Ek is egter gevang deur die visie, want dit omvat ALLES wat die kerk doen in al hulle departamente. Evangelisasie, landbou, medies, rentmeesterskap ens.
Ek sien die potensiaal om met die dagbestuur van die sinode oor die goed 'n pad te stap, so ook groepe soos die jeugleiers wat 'n jeugbediening wil begin saam met 'n jeug dominee. My hart klop sommer vinniger oor die geleenthede wat oopmaak en ek vra voorbidding van die paar van julle wat dalk die stukkie lees.

06/09/2010

Subsidies vir Dominees in Mosambiek

Ek sit die adresse die keer nie in BCC. Van volgende keer af sal ek dit doen.

So nou en dan het Handevat projek die behoefte om menings te meet aan ander mense. EK het die lys gekies om dit te doen. Vir julle wat belangstel en tyd het, julle insette is waardevol.

As ek jou adres moet afhaal van die lys, laat weet gerus. Indien daar ander adresse is van mense wat ook sal belangstel, laat weet gerus ook.

Ek deel net die volgende gesprek. Ek het dit baie opgesom om te wys op een van die groot uitdagings vir die Tumbine sinode en dalk ook vir ander gebiede. Hierdie gesrpek het plaasgevind tydens die laaste sinode sitting.

Die finansiele kommittee het 'n bedrag daar gestel as 'n bedrag waarop die dominees kan oorleef. Dit is 3400 Mt. (wat minder is as wat Aubie kry). Die ouderlinge het dadelik gereageer en gese dat dit te veel is. Hulle is arm en die dominees moet op dieselfde vlak lewe as hulle. Meeste van die dominees wat gepraat het, het die bedrag goedgekeur en die meeste ouderlinge wat gepraat het, het dit afgekeur. Hier was heelwat emosies by betrokke. Ek glo dat dit gebasseer is op daardie gedagte dat die mense van buite hulle krag steel. Die gesprek het maklik 'n uur geduur toe het Ualize die saak gedruk en gevra dat niemand verder hieroor moet gesels nie, maar dat ons nou net op 'n bedrag moet besluit, dalk minder as die 3400. Die een ouderling staan toe op en begin toe weer met stories oor hulle armoede, en die aktuaris maak hom toe stil en vra sy mening oor die bedrag. Hy moes hom drie keer stilmaak. Toe draai hy sy hele storie om en stem saam met die 3400 mt. Die fondasie vir die gesprek was dus nog te verkeerd om effektief hieroor te praat. Ek leun toe oor na Matique en se vir hom dat die saak nou verkeerd loop want daar word nou nie meer eerlik gepraat nie. Die ouderlinge aanvaar nou met die mond, maar hulle harte is baie emosioneel. Hy staan toe op en stel voor dat ons nie nou moet besluit oor die bedrag nie, want die algemene sinode gaan dalk in elk geval die bedrag weer verander. (Hulle druk vir regerings minimum salarise vir opgeleide mense wat op die stadium 7600 Mt is.) Die ouderlinge weet nog nie hoeveel dominees van buite kry nie, en dit is ook omdat die fondasies nog nie reg is nie.

As gevolg van die gesprek het Aubie na die tyd na my gekom en gevra dat ons nie nou sy geld deur die sinode moet stuur nie. Hy vra my om die saak met die ondersteuners te bespreek om die geld eerder deur Maputo sinode te stuur. (dalk moet mens 'n gedeelte deur die kerk stuur ter wille van die idee, maar dit het ook maar komplikasies, mens wil nie die wegsteek van inligting teenoor die ouderlinge graag ondersteun nie??)

Die probleem wat gesetel is in denkpatrone en tradisie, glo ek moet ook op daardie vlak aangespreek word. Dit is nie nou die tyd om dominees en kerkrade aan te spreek om transpirant te wees oor hulle hulp nie. Dit het wel gebeur in 'n gemeente waar 'n dominee vir my gevra het om vir die ouderlinge te verduidelik hoeveel hy kry en waarvandaan dit kom. Ek het videos oor die gemeente wat dit gee gewys met gesigte en boodskappe en toe vertel hoeveel hulle stuur. Na lang gesprekke het die gemeente besef dat hulle dominee nie daarop kan lewe nie en is daar verstaan dat die ondersteunende gemeente in 'n vennootskap met hulle wil gaan om saam die dominee te help. Hulle het toe hulle swak bydraes erken en gevra vir voorbidding van hulle ondersteuners om hulle lidmate te kan oortuig om meer by te dra vir die dominee. Hierdie is egter nog die enigste uitsondering. Die proses sal moet op 'n ander vlak plaasvind. Op die stadium is daar drie prosesse wat ek glo dit juis doen:

1. Visie konferensies (word gedurig aangepas). Toekoms denke is baie basies, verstaan van God is baie basies en dikwels meer gegrond op tradisionele denke as op die Bybelse openbaring. Visie dus baie vaag en hoop baie laag. Verandering word baie moeilik gedoen ens. Kerk en huislewe word nog nie geintergreer nie.
2. Rentmeesterskap saam met Nehemia en ander opleidings prosesse wat ook meer na die proses kyk.
3. Tweeling verhoudings waar daar stadigaan meer gekommunikeer word en vir mekaar gebid word. Die klein dingetjies bring 'n atmosfeer van diens wat baie belangrik is.

Die vraag is oor die bestuur van die subsidies. Wat is die toekoms daarvan? Hoe moet die proses verder? Handevat neem baie van die besluite en die KGA help met die bestuur van die geld en kommunikasie daaroor. Almal kry op die stadium 'n R500 per maand, daar is egter ongeveer binnekort weer 6 wat sonder hulp gaan wees. Daar is klaar 'n paar moontlikhede om die leemte te vul. DIt is maklik om die geld te stuur, maar om meer betrokke te raak vra baie en dit is nie almal wat geroepe voel vir daardie meer nie.

Groete

--
Danie Murray
Mosambiek: +258 82 717 4148
RSA: +27 82 721 3809
Huis: +27 21 982 8632
Volg die skakel om in te skryf vir die Handevat bediening se stories:
Click Here To Subscribe

18/08/2010

Gesprek in mosambiek wat wys op redes vir vreemdelinge (haat)

Ek kuier in 'n gemeente en probeer 'n motivering te wees vir die werk wat daar gedoen word. In die gesprek probeer ek eers luister na problematiek van die plaaslike bediening. Die dominee vertel my in 'n lang gesprek wat op die volgende deurkom:
Die deelname van mans in die gemeente is 'n probleem. Verder is daar 'n probleem met leierskap waar een ouderling probeer om alles te bestuur en so ook met baie ander bots in hantering van geld ens. Die dominee het goeie ondersteuning uit die gemeente gehad, maar later het mense al minder belangstelling getoon en minder gehelp. Hy noem bv dat mense in die straat verbyloop en baie kom nie meer in en groet soos die gewoonte is nie. Daar is nog wat dit doen, maar nie meer soos in die begin nie.
Nou het die seun van die hoof ouderling 'n bal wat vir die gemeente gegee is op die mark gaan verkoop en die geld tussen 'n paar van die seuns verdeel. Nou is die gemeente weer opnuut kwaad vir die leier en sy familie, maar ook steeds te bang om regtig iets daaraan te doen. In die ondersoek van die saak lyk dit asof daar ook mense is wat hom as dominee nou wil betrek. Hulle se dat hy deel was van die komplot en dat hy ook van die geld gekry het, want die seun het net voor hy die bal gaan verkoop het die bal by sy huis kom opblaas.
Ek vra toe die vraag aan hom of hy weet waar sulke optrede en motiverings vandaan kom. Hy dink toe so bietjie daaroor en antwoord :"Die mense in die kerk wil altyd konings." Hy lag toe ek weer vra maar hoekom wil mense koning wees. Na so tydjie toe antwoord hy: "Hy dink dit is omdat dit gaan oor krag. As mense van buite af inkom dan word daar geglo dat die mense met die posisies wat hulle beklee, jou krag steel."
Ter verduideliking is dit so dat in die Animistiese kultuur daar 'n beperkte hoeveelheid krag of seen is vir elke groep of familie. Die krag moet gelykop verdeel word. As iemand meer voorspoed as ander beleef dan word daar gevra:"Waar het hy dit gekry." en die antwoord is: "Hy het dit by die ander gesteel want krag is beperk, daar is nie ekstra los krag wat rondle nie." Die enigste uitsondering is die hoofman of koning. Om hierdie rede is daar ook so 'n sterk strewe daarna om koning te wees.
Met die ontdekking wat hy toe self maak, kon mens daarop wys dat mens oppervlakkig hard moet werk aan die verhoudings, maar jou fokus moet eerder wees op die denkpatrone wat die probleem veroorsaak, want dit is daar waar ware transformasie kan plaasvind. Daarvandaan het die gesprek toe uitgeloop op die vergelyking van 'n Bybelse benadering tot lewe en 'n tradisionele benadering. As daar aan die tradisionele kant 'n beprekte hoeveelheid krag is, is daar aan die Bybelse kant 'n fontein van lewende water wat so baie is dat jy nie jammer is daarvoor as jy dit uitdeel nie. Verder as verhoudings aan die tradisionele kant uitruil transaksies is daar aan die Bybelse kant 'n God is wat met alles teenoor die mens die Goeie wil. Jou geluk, vreugde en sinvolle lewe is wat Hy wil. Hy wil die goeie vir enige mens. So het ons die lys aangevul en besef dat dit 'n proses van verandering is van die een na die ander. Ons het ook baie klem daarop gele dat mens soms met 'n veroordelende houding die proses baie skade doen in plaas daarvan om iemand in al sy foute aan die hand te vat en te begelei na die ware lewe toe. Veral die punt het vir hom en ook van sy ouderlinge baie aangespreek, want hulle het gese dat die kerk nie so is nie.
Daar is ook 'n dominee wat van buite die omgewing saam met die kerk werk. Nou is daar aantuigings teen hom gemaak en die kerk is nou baie versigtig om enige standpunt in te neem. Se hulle dat hy wel skuldig is, dan sal dit vir baie die bewys wees dat die sinode nou medisyne geplant het om alle vreemdelinge uit hulle midde te verwyder. Vind hulle hom nie skuldig nie, dan is daar baie wat glo hy skuldig is en hulle nie regverdig is nie. Die kerk het besluit om eerder te se dat daar aantuigings was, maar dat hulle nie konkrete bewyse gekry het nie en hy dus nog steeds aangaan.
In 'n gesprek met 'n dominee kom dit toe uit dat die kerk baie versigtig is met die saak in hulle kommunikasie met die ander sinode waar die beskuldigde persoon nou is. Dit het natuurlik geskiedenis ook. Op die ou end vra ek toe of hulle nie maar eerlik kan wees en se ons is versigtig nie want daar is stories wat rondloop dat ons medisyne geplant het en ons wil nie daardie beeld versterk nie. So sal die waarheid hulle ook kan vry maak om die saak eerlik te hanteer. Die probleem is dat daar nie oor die soort van goed in die kerk gepraat word nie, want dit is verkeerd en 'n kerk kan nie daarmee geidentifiseer word nie. Ten spyte daarvan dink die dominee tog dat mens dit kan waag om eerlik te wees, want dit is tog die realiteit.

14/08/2010

Geestelike ervaringe uit 'n Mosambiekse gemeente

Ek kom by 'n gemeente in Mosambiek en na die tweede dag se gesels met die dominee hoor ek dat hulle deur 'n baie moeilike tyd gegaan het. Wat gebeur het is dat mense in hulle gebied ingekom het met 'n soort poeier wat hulle uitgestrooi het. As ander daarin loop dan gaan hulle dood. So is daar in een area 8 mense dood en in 'n ander area ook sommer 'n klomp. Die regering se vir hulle dit is Colera wat die mense doodmaak maar dit word nie geglo nie, want die mense het sommer vinnig dood gegaan. Gewoonlik met Colera vat dit 'n paar dae, maar nadat hulle in die poeier geloop het was dit sommer vinnig en hulle is dood. Daar was 'n doodsvrees in die gemeenskap dat daardie mense ook na hulle gebied toe gaan kom. Ek vra toe of dit te doen het met die slegte geeste en daar word ja gese. Die kerk het toe met die hoofman gaan praat en die het saamgestem en belowe dat indien hy met die mense te doen het wat dit veroorsaak hy onmiddelik die persoon sal dood maak. Toe gaan hulle en roep die verskillende denominasies van die verskillende kerke bymekaar en daar word vir baie ure baie ernstig gebid sodat hulle bewaar kan word teen die aanslag en dat hulle area ooreslaan moet word. Die mense het blykbaar tydens die gebedsessies gekom van Milange se kant af, maar toe hulle sien wat die kerk besig is om te doen het hulle omgedraai en het hulle op die ou end nooit by hulle uitgekom nie. Nou is daar 'n groot blydskap tussen hulle dat die Here hulle bewaar het en dat hulle so saam as kerke kon opstaan en so die gevare afgeweer het.

Swaarkry en kwaad word van 'n Mosambiekse vrou

Dominee Zalimba hou Woensdag biduur en ek word uitgenooi. Dit is koud en nat en daar daag slegs so 8 vrouens en twee ouderlinge op. Daar word gesing en toe word skuld bely. Almal gaan staan op hulle hurke tussen die bankies en vra die Here vergifnis vir foute. My kniee hou dit net so halfpad deur die sessie toe moes ek maar so vooroor op my bankie gaan sit.
Kort-kort word gesing en gebid en boodskappies gegee. Ek kry ook 'n geleentheid en gebruik dit vir 'n gesprek oor Ps 74. Dit gaan oor die styd wat Asaf gehad het oor hoe goed dit met die ongelowiges gaan. Ek sluit by plaaslike wereldbeeld aan waar mense glo dat swaarkry in Afrika die bewys is dat God sy seen van hulle onttrek het. Verder gesels ons ook oor God wat goed is en vergelyk ek dit met die verhoudings wat hulle ken met die geesteswereld. Daar is nie goed of sleg nie en gevoelens speel nie 'n rol nie, dit is slegs ruiltransaksies. Die geeste sal help maar sal offerandes vra daarvoor ens. God se goedheid konstrateer duidelik met die soort van verhoudings. In die gesprek word daar ook gesels daaroor dat daar 'n toekoms is, tyd loop nie net in sirkels nie. Interesant genoeg vra ek hulle toe uit oor die geloof of iemand wat doodgaan weer terugkom. Een vrou wat redelik stil is maar aandagtig luister, antwoord toe dat dit so geglo word, want hulle sien soms kenmerke van iemand wat dood is in jong kinders. Met die erkenning van die groep kon ons toe dit vergelyk met 'n Bybelse werklikheid wat wys dat mens wel na die dood voort lewe, maar nooit weer terugkom nie. Dit breek die sirkelgang gedagte so bietjie. Teen die einde van die gesprek toe verduidelik daardie vrou dat dit boodskap vir haar nou baie geleer het. Haar ouers is vroeg dood en sy moes haar jonger sisters grootmaak. Toe is sy getroud en het 7 kinders by die man. Sy is die man se tweede vrou. Toe is een van haar sisters dood en die se kinders word ook by haar uitgeplaas. Intussen sorg haar man nie vir haar nie en sukkel sy vreeslik om vir hulle kos te kan gee. Dit bly 'n vreeslike gesukkel en sy het kwaad geword vir almal. Die boodskap het vir haar gewys dat die swaarkry nie daar is om te wys sy is niks nie, maar is deel van die pad waarin sy deur al die pyn daarvan kan groei. Sy is iets werd. Ek kan nie al haar direkte woorde onthou nie, maar sy het dit baie duidelik gestel.
Die volgende dag moes ek steeds oorbly in die gemeente want dit reen en ek is daar met die motorfiets. Die dominee en sy vrou grawe enige iets uit om vir my kos te gee, want hulle hou daarvan om die beste te gee. Daardie dag kom daardie vrou en bring 'n hoender om te kom dankie te se.

Naasteliefde in waarheid

Wat is die kenmerk van 'n gelowige?  In Matt 25 word dit duidelik dat optrede teenoor jou naaste, die vrugte is wat 'n gelowige op...