Administrateur in middel
Vanaf Mavago het ons eers die Administrateur (vroulik) besoek. Sy is ‘n Mosl&m met mooi verhouding met die kerk. Ds Estêvão het sommer ‘n preek gelewer tydens ons besoek oor redding. Die huis waar sy bly is massief groot en luuks. Die goeie verhoudings daar word goed in stand gehou. Wat baie help is die pré skool van die kerk wat die enigste een in die distrik is.
Eers laat middag is ons daar weg en kom eers teen 8nm in Lichinga aan. Ons het vir mev Matenge geld gestuur en sy het kos gereed gehad. Tente is opgeslaan en Maandag oggend is ons donker daar weg. Die migrasie beamptes het ons nie die keer gepla nie. Ons kom toe donker in Milange aan. Soos gewoonlik hou hulle my besig, maar ons was klere en bly oor tot vanmore. Die klere het weer nie droog geword. Dit hang nou hier by Bernadette op die draad.
More vertrek ons na RSA en Bernadette ry saam.
‘n hoogtepunt was ‘n besoek aan ‘n bediening in Cuamba. Hulle wil deel word van die IRM. Daar is ‘n seun van seker 10 jaar oud wie se ouers hom slaan omdat hy ‘n Christen geword het. Ten spyte daarvan hou hy steeds aan om Bybelstudie en dissipelskap by te woon. Verder sien ons kinders wat groepe kinders begelei in Bybelstudie en dissipelskap groepe. Daar is vas en bidure wat middernag gebeur en ure duur. Daar is tronk besoeke. Hulle kry reg om groot bedrae geld bymekaar te maak om te bou en terrein te koop in die stad.
Ons het foto van seun, maar wil eerder nie plaas nie.
Bid saam dat hulle deel word van die kerk die werk sal bevoordeel en daar by mekaar geleer sal word. Hulle het mekaar nodig, maar kerk struktuur kan soms skade doen.