In die ou Testament was die verhouding tussen God se volk en die heiden nasies. Die Heiden nasies was uit geroei in wrede oorloë. Daar was geen genade behalwe vir uitsonderings soos die prostituut wat die Israelse verkenners gehelp het. Die volk is gebruik om hierdie nasies te vernietig en hier en daar het God self ook ingegryp met engele.
In die nuwe Testament het ook Jesus soms gewys dat hy vir die Jode gekom het en nie vir die heidenene nie. Hy sê vir die vrou dat die kos is nie vir die hondjies nie. Eers toe sy pleit dat hondtjies die krummels eet wat van die tafel val het Hy toegegee. Op ander plekke maak Jesus spesiaal moeite met die Samaritane wat deel van die heidene was. Ook in Sy verhaal van wie is jou naaste.
Dit is ook verder baie duidelik dat ook die Jode in hulleself maar grotendeels afvallig was. In so 'n mate dat God hulle ook soms feitlik heeltemal uitroei en elke keer net 'n oorblyfsel behou. Die hoogtepunt van Israel was onder koning Dawid en selfs daar was daar dikwels opstande en afgode diens.
Dalk stem julle saam dat in die Ou Testament die kriteria vir God se volk in afkoms lê en word hulle genoem kinders van Abraham. In die Nuwe Testament veral na die kruis, was God se mense nie meer Jode nie, maar dissipels of gelowiges. Die verse van geen onderskeid tussen mense het na die kruis begin om die nuwe koninkryk van God te vorm. Handelinge en Romeine.
Dit lyk ook asof die verhouding tussen gelowiges en die wêreld ook heelwat anders geword het as in die tyd van die volk van Israel. Daar is wel lyne wat van die volk Israel na die gelowiges na die kruis getrek word omdat ons die takke is wat ingeënt is in die boom.
Aan die een kant se 1 Johannes dat die wêreld in die hande van die duiwel is en in duisternis is. Verder praat 1 Johannes van gelowiges en dat die een wat in die gelowige is groter is as die een wat in die wêreld is. Hoe werk die verhouding met die wêreld? Aan die een kant mag ons nie vir die wêreld lief wees nie, want dan is ons nie vir God lief nie. Tog is dit nie soos in die ou Testament waar ons as gelowiges met geweld gestuur word om die wêreld of heidene uit te roei en met mag te oorweldig nie. Tog kan ons ook nie apaties staan teenoor die wêreld nie. Toe die dissipels in Handelinge nadat Jesus juis verduidelik het wat die koninkryk van GOd is, gevra: Wanneer gaan U die koninkryk van Israel weer gaan oprig. Die woorde Israel word gebruik en die woord weer. Hulle verwag die koningskap soos Dawid met weermag en heerskappy oor die heidene. Jesus antwoord dat die Heilige Gees wel krag gaan gee, maar die resultaat daarvan is om'n getuie te wees.
Dit lyk vir my dus asof die kruis het die volgelinge van God heeltemal verander asook die manier waarop Hy gevolg word. Die taak het van uitroei en dood maak verander na getuig.
'n Ander woord wat na die kruis gekom het is vredemakers. Duidelik word die dissipels daarop gewys dat hulle vredemakers is.
Die strategie van die wêreld het egter nie verander nie. Die wêreld kom nog steeds met geweld seermaak en misleiding na die gelowiges toe. Om nou nie met geweld te reageer nie, is 'n wêreld vreemde konsep. Uitruil is vir baie mense die model. Ek doen goed vir jou en ek verwag dat jy positief sal wees teenoor my. As jy my kwaad aandoen, dan kan ek nie net sit en toekyk nie, dan verdedig ek myself teen jou.
Is jou naaste net gelowiges? Dit dink ek kan ons weet, dit is gewoonlik nie gelowiges wat op mens se pad kom wat jou naaste is nie. Tog is die toppunt van alle geestelike groei: Liefde vir jou naaste. Op drie plekke word die liefde vir die naaste gesien as die opsomming van alle wette en profete. (dws die grootste deel van die Ou Testament wat in daardie tyd as wette en profete gesien was. Selfs van die wysheids boeke het daaronder gesorteer). Ons vyande moet nou ook in liefde hanteer word.
Liefde word gekenmerk deur die kruis. Ons leer ken die liefde deurdat God Sy seun vir ons af gelê het en ons behoort ook ons lewe af te lê. Die woord liefde beteken dus bloed en pyn van vrywillige prys gee van jouself. Die koninkryk behoort aan die sagmoediges, treurendes en die vervolgdes. Wat sê dit van die verhouding tussen gelowige en wêreld? Ook hier in die Westerse wêreld word liefde nie so verstaan nie. Gevoelens of sentimente speel vir baie 'n groot rol asook wederkerigheid wat dan jouself in verhoudings beskerm. Die kruis liefde gaan egter teen gevoelens in en is 'n gee verhouding wat nie kyk na wat ontvang word nie. Dit is dikwels ten spyte van jouself.
Nog 'n interesante verskil tussen kruis liefde is dat alhoewel Jesus as individu gesterf het, het Hy vir baie gesterf. In die animistiese denke word optrede in groepe of families gedoen en in die Westerse denke word dit al hoe meer individualisties. Eie redding, eie regte gevoelens en denke. Liefde word deur individue in groepe uitgeleef. Liggaam, volgelinge, dissipels, familie en gesin, Koninkryk en dan die woord nasies, ens. Dit gaan nie net oor die redding van individue nie, maar die roeping van groepe (veral nasies) om God se liefde te gee vir die wêreld.
Ons in veral die Westerse wêreld het gewoond geraak aan mense wat goeie bedoelinge het, maar in die meeste lande van die wêreld is dit nie die geval nie. Die Bybel het 'n geweldige invloed op veral die Westerse wêreld gehad. Ook in die Weste is dit egter aan die uitmekaar val as daar nie verandering kom nie. Selfs as mens net oor die grens gaan na 'n land soos Mosambiek, dan word ware gelowiges die verwerptes. Menslik raak dit menslik onmoontlik om daar 'n ware gelowige te wees. Ware gelowiges word verwerp deur families en groepe en dikwels vrees hulle fisies vir hulle eie lewens. In so 'n wêreld moet verstaan wat ons verhouding met die wêreld is en hoe om 'n getuie daar binne te wees. Dit word dan nie met mag en geweld gedoen nie, maar deur My Gees sê die Here.
As ons dan na die direkte opdragte kyk wat die verhouding tussen wêreld en gelowige uitbeeld, dan is dit gewoonlik 'n botsing. Ons word as skape tussen wolwe ingestuur. Die wêreld sal julle haat. Julle eie mense sal julle in die rug steek ook selfs julle eie families. Julle sal vervolg word. Julle sal onregverdig beskuldig word en voor regters en regeerders kom. In die weste het ons gewoond geraak aan 'n lewe waar die gemeenskap Christelike waardes respekteer en daarom het ons gewoond geraak om nie so in konflik met die wêreld te leef nie. In ander lande is dit nie so nie en ook in die Weste is daar weer 'n draai terug na vyandskap met gelowiges. Selfs die Amerikanes kan weer ontwikkel in die volgende Nazi staat word as tendense nie deur die Here en dus deur gelowiges verander word nie.
Wat is die diepste kenmerk wat die wêreld onderskei van gelowiges? Die Bybel praat dikwels van begeertes en luste waarin ons as gelowiges eers was voor ons gelowig geword het. In die gelykenis van die wingerd van die landbouer wat deur gehuurde boere bestuur word, word landbouer se diensknegte mishandel en dood gemaak en ook sy eie seun. HOekom sou mens vra? Hulle wou dit wat aan God behoort hulle eie maak en die vrug daarvan vir hulleself vat. Dit is die kern van die wêreld se ingesteldheid en daarom word empires gebou en oor grondstowwe baklei ens. Verhoudings kan so half in drie groepe verdeel word. Een kant die gelowige Bybelse manier waar alles aan God behoort en God bepaal wanneer dit weg gegee moet word en opgeoffer moet word en hoe dit gebruik moet word vir God se doelwitte en nie die mens sin. Dan aan die wêreld se kant die gaan dit net oor die begeertes en eie veiligheid gesondheid voorspoed rykdom en aansien. In die middel het daar 'n kompromis groep onstaan waar alles besigheid is. Ons ruil uit. Joune en myne en ons ruil uit onder mekaar en elkeen begin al meer fokus daarop om nie ingedoen te word nie. So terloops, uitruil by gelowiges kan werk, want daar is die fokus om seker te maak dat ek of ons nie die ander indoen nie. Ek sal eerder myself indoen want liefde gaan oor die weg gee van myself. Ek ken 'n paar sulke mense, maar dit is nie meer die algemeen nie. Hulle word dikwels nie meer geevalueer as helde nie maar as swakkelinge.
Hoe werk so 'n verhouding waar gelowiges onselfsugtig in 'n selfsugtige wêreld lewe. Sal gelowiges dan nie vertrap misbruik en vernietig word nie? Is daar nog genoeg oorblyfsels van medelye by ongelowiges om gelowiges nog 'n kans te gee tot lewe? Die tendense in die wêreld wys egter dat dit nie so is nie en dit gebeur selfs al minder in die westerse wêreld.
Wat maak dan nou dat gelowiges nog kan lewe in 'n hierdie wêreld? Gelowiges lewe in 'n wêreld waar hulle nie inpas nie. Ons is nie burgers van die wêreld nie, maar van God se koninkryk. Hier moet ons ook nie die fout maak om te dink dit is nou net eendag as ons in die Hemel is nie, nee, ons roeping en opdrag is in die wêreld. Sy koninkryk en wil moet hier op aarde gevestig word. Hoe is dit moontlik om so 'n weggee koninkryk hier te vestig in 'n vat wêreld? Onthou dat hierdie begeertes en luste in elke gelowige se vlees lê binne homself. Die stryd is dus nie net eksten nie en sonder 'n stryd intern is daar nie 'n stryd ekstern nie. Dit gaan saam. Gelowiges is van binne af omring deur duisternis.
Wat hierdie lewe moontlik maak is God self. Gelowiges wat so die realiteit verstaan van God. Om so vol van God te wees en Hom so vertrou dat hulle oorloop van Hom. Alhoewel gelowiges die fisiese prysgee en seer daarvan beleef is dit God wat die vrug dra en dit is absoluut Sy werk nie ons sin. Die wingerdstok bring die sap van God in ons en vul ons en daardie selfde sap produseer die vrugte deur ons. 'n Gelowige kan dus hier op aarde lewe deurdat God uit genade hulle so vol gemaak het dat hulle niks meer van die wêreld nodig het nie. Gelowiges kan trots wees op hulle man vrou of kinders wat vervolg word in onmenslike omstandighede ter wille van hulle geloof. Dit word God se lig wat in 'n donker wêreld skyn. Die verlore seun wou 'n slaaf wees, maar word 'n kind gemaak. Die kind werk net so hard soos die slawe op die plaas maak kry nie kos of vergoeding daarvoor nie, want die plaas behoort nou aan hulle.
Menslik gesproke is hierdie lewe wat Jesus gee onmoontlik in 'n gierige duister wêreld. God kom egter en met 'n kruis en deur die werking van die Gees en maak dit nie net moontlik nie, maar maak dit 'n volheidslewe. Weg gee lewe wat lig bring vir ander. Onselfsugtigheid maak van gelowiges teenoorgesteld as die wêreld en bring menslike opoffering en weg gee, maar bring lig en getuienis van 'n God na die duister wêreld.
Dit is waar en ja, daar is onveranderde waarheid beskikbaar vir gelowiges. Tog is ons nie een waar ons moet wees in hierdie wêreld nie. Ons almal sukkel met die vat hiervan in geloof sodat dit in ons optrede van binne af wys. Ons sukkel om te erken dat ons dit nie alles het nie en dat ons tog uitstrek daarna. Om ons verbondendheid met Jesus ons prioriteit te maak sodat Hy die vrugte deur ons denke gevoel hart en verstand en lyding sal lewer. 'n Pad waar ons God en die teenwoordigheid van Sy Gees in ons kan ken deur geloof. Kennis is nie om goed te weet nie, maar om God te ken. Wat die wet nie kon doen nie, het God deur Jesus kom doen. Die kruis en opstanding het alles verander. Verder gee God dit ook deur ons liefde vir mekaar as gelowiges, want uit hierdie liefde vir mekaar volg die liefde vir die naaste en die vyande. Ons moet asseblief nie begin ontspan as ons by liefde vir mekaar gekom het nie. Die finale doel is nie dit nie, maar liefde vir die naaste is die opsomming van alle wette en profete. In hierdie spanning van Gees en vlees, moet ons dit bly verder vat tot die liefde vir die naaste. God maak dit wat vir mense onmoontlik is moontlik. Sy Gees getuig saam met my gees dat ek kind van God is.
Die slegte nuus is, dat ons altyd in spanning sal lewe. Die goeie nuus is dat ons reeds oorwin het en die plaas reeds aan ons behoort. (Sy koninkryk hier op aarde, wat ook oorgaan na 'n nuwe Jerusalem as ons deur ons dood bevry is van die wêreld).
Die doel van die spanning is juis om die wêreld te verander en God se wil te laat geskied hier op aarde soos in die Hemel. Die menslik onmoontlike verhouding word geken in die menslik onmoontlike opdrag. Albei word moontlik deur 'n God wat dit doen deur Sy verteenwoordigers.
Laat ons nooit iewers langs die pad tevrede raak met waar ons is nie, maar God se liefde deurvoer tot liefde vir die wêreld. Dit beteken om met God altyd die moeiliker pad te kies en grootste uitdagings te aanvaar. Daar is geen rus nie, die sabbatsrus is na ons dood en by God waar alles wat goed is oorleef en alles wat sleg is vernietig sal wees. Die newe effek van hierdie oorgee en prysgee is vervulling en vreugde hier op aarde. Die laaste prysgee is ook die laaste vyand wat verslaan word deur God deur ons, naamlik ons doood. Dan kry ons die kroon waarvoor die Heilige Gees reeds as deposito aan ons gegee is.
Laat weet gerus hoe werk jou denke en vrae rondom hierdie verhouding tussen gelowiges en die wêreld.