Volgers

21/07/2010

Tien jaar fondasie bou projek vir sending in Noord-Oos Mosambiek

Oppervlakkige gesukkel
Met baie werk wat gedoen word in die gebied is daar nie die gewensde uitkomste soos ons dikwels verwag het nie. Ek glo dat een van die redes is omdat die fondasies waarvandaan ons uit RSA die werk benader en die fondasie van die jong christene in Mosambiek so geweldig baie van mekaar verskil. Nou probeer ons op die oppervlak dinge regmaak en dit werk nie altyd nie. Volgens my moet ons baie erns maak om seker te maak dat daar 'n werklike Bybelse verstaan en fondasie sal wees waarop ons dan baie effektiewer broers en sisters kan wees met ons broers en sisters in Mosambiek, sodat werk effektiewer gedoen kan word.

Transformasie van fondasies
Aan albei kante van die Zambesie rivier is daar fondasies wat deur Jesus self getransformeer moet word om soos Hy te lyk. Van die tyd wat ek met die "wereldbeeld" fondasie besig geraak het, was dit 'n vreeslik opwindende en seer proses. Dit is seer omdat dit soms skokkende misverstande is wat bestaan tussen ons en God en dit maak seer om dit te ontdek. Dit is geweldig opwindend, want om weer opnuut vanuit 'n ander oogpunt God se liefde en genade te ontdek en al meer verstaan van hoe dit werk, bring hoendervleis, oorwinning, vrede en 'n wonderlike roeping. Die lewe word vervullend en selfverwesenliking en 'n identiteit word gevorm wat bedoel is om enige persoon se lewe vol te maak. My sending strategie is hierdeur tot in sy kern verander en vervul. Dit is lekker om te weet wie ek is en ek wil baie graag dit met ander deel al is dit op my onbehope manier.

Strategie
In soveel projekte bedieninge en selfs die NGK sien mens elemente wat aansluit by die nuwe manier van kyk. Ek sien 'n prentjie van hoe die mooi inisiatiewe nie net oorgedra sal word nie, maar in 'n proses kan gaan in die praktyk om die fondasies weer te verstewig en deur God se Woord en Gees getransformeer sal word. Hierdie fondasies het uitsonderlike dade tot gevolg wat bedoel is om totale gemeenskappe te verander.
Die strategie is dus om by die fondasies te begin. In Mosambiek Noord van die Zambesie rivier is ek reeds besig om hiermee besig te wees, maar wil dit nou in 'n 10 jaar strategie of plan omsit. Ons het reeds deur God se genade gesien hoe heelwat gemeentetjies in samewerking met verskillende kerke bereid is om opleidings geleenthede te organiseer om spesifiek hieraan te werk. Daar is reeds 7 sulke geleenthede wat wag vir 'n 3 of 4 dag konferensie. Hiedie konferensies begin by die fondasies en loop uit op praktiese toepassings wat saamgaan met baie pret, maar wat verrykende gevolge het. 
Die plan lyk dan so dat ek voort gaan om 8 sulke konferensies per jaar te doen 4 per maand. Dus twee keer vir 'n maand. Die proses gaan saam met vennootskap wat gebou word met verskillende ondersteuners wat reeds betrokke is en die verskillende kerke sendelinge en leiers in mosambiek. Ons leer en ervaar saam die materiaal en werk saam aan alles wat aangepas moet word in die aanbieding van die materiaal. In die begin konsentreer mens op die wereldbeeld, maar daarna word rentmeesterskap, landbou, medies, gemeenskapsontwikkeling, leierskap, evangelisasie ens getransformeer om vanuit Jesus as fondasie te werk. Die materiaal dring deur tot in die kern van christen wees, kerk wees, sending en het die potensiaal om nuwe lewe te ontsluit.

Wie wil saam loop?
Stap saam eers net om te kom kyk en besluit, in die proses, hoe jou saamloop sal ontwikkel. Kommunikeer gerus met my en ek kan van die boeke wat gelees kan word begin bekend maak. Waar belangstelling is kan ons van die materiaal by julle kom hanteer in watter formaat ookal. Aand byeenkomste, indien naby genoeg weeklikse byeenkomste gekombineer met uitstappies vir blootstelling, besoeke aan Mosambiek om te kom kyk wat gedoen word en dit saam beleef, naweek konferensies, of watter formaat die beste pas vir die situasie. Daar is goeie fasiliteerders vir wie ek ook kan inroep om te help.


Danie Murray
murraydg1@gmail.com
Huis (021) 982 8632
Sel 082 721 3809

29/05/2010

Laaste nuusbrief

EmbleemHandevat
 Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring! (Rom 10)
Dit is die voete van veral Mosambiekers!
En ons het die geleentheid om in die proses deel te neem.
FULLNAME% en ander                                                    16 April 2010
Ek en Kobus se saamry is besig om vir my baie te leer. Die landrover doen nog goed oor al die teerpaaie en die laaste stuk op Mosambiek se grondpaaie. Die pad tussen Milange en Mocuba is baie stadig, dws 25km per uur. Die ondervindings en ervaringe leer my baie, maar ek kan ongelukkig nie oor alles uitbrei nie. Ek kies om iets te se van ons gesprek met ds Campos op Mocuba.
Landrover tussen lang gras
Opskrifte:
  1. Gesprek in Mocuba
  2. Paar fotos
  3. Huis
  4. Gebedsversoeke


Gesprek in Mocuba
Ons gesels met ds Campos wat die kleinkind is van die bekende ouderling Campos wat in die geskiedenis van die evangelie in Noord-Oos Mosambiek 'n indrukwekkende rol gespeel het. Ons vind eers uit oor sy werk as organiseerder van die Teologie by ekstensie program. (TEE). Toe gesels ons oor die werk van die kerk. Hy erken een van die grootste uitdagings van die kerk as die feit dat die kerk gedagte meestal net bo-op tradisionele denke van die geesteswêreld geplak word en as daar enige siekte of krisis is daar op tradisionele maniere oplossings gesoek word. Ons gesels oor die sekuriteit wat mense vind in die geesteswêreld. Enige verwydering daarvan bring geweldige interne spanning en vrees.
Toe vertel Campos hoe ongelukkig hy raak as daar mense kom wat die Jesus film in vreemde plekke gaan wys en dan reken dat die plaaslike kerk daar die mense wat tot bekering gekom het gaan begelei. Hy vergelyk dit as iemand wat 'n bynes met 'n stok kom skud en dan padgee. Mense wat dink dat mense leë potte is wat net vol gemaak moet word, sonder om te besef dat mense reeds sekuriteit en lewesoriëntering kry deur 'n geloofsoortuiging. Om dit te verlaat is 'n verskriklike ervaring en as daar nie 'n opvang sisteem en begeleiding deur verskriklike drastiese veranderinge is nie, veroorsaak dit verskriklik baie ontwrigting en negatiewe ervarings wat mense net verder dryf van die verstaan van Christenskap.
Ons hoor stories van hoe mense slegte geeste sien en ervaar en hy vertel ook hoe hy ook as jong seun gekies was om 'n toordokter te wees. Hoe sy ma in vure gestaan het sonder om te brand en 15 dae onder die water was met 'n pot wat sterk medisyne het en waarmee sy baie mense gehelp het met hulle probleme van siektes, armoede ens.
Ons stem saam dat die verstaan van die tradisionele wêreld nie genoeg in ag geneem word in die voorbereiding van geestelike werkers in die omstandighede nie. Die maklike manier waarop die geesteswêreld afgeskiet word as die werk van die duiwel ens.
Hierdie verstaan is baie noodsaaklik wanneer Mosambiekers bekend gestel word aan die Gees van God wat op 'n heel ander waardesisteem funksioneer en wat goeie bedoelings het met mense. (ander geeste het nie altyd goeie bedoelings nie, baie slegte geeste of eenvoudig amorele geeste).
Intressant hoe ons dan ook orals in ons gesprekke mense kry wat saamstem dat die 'n leemte is in bedieninge, maar dat die strategieë om dit te hanteer maar vreeslik yl is. Ons voel dat daar 'n baie sterk geloofsgemeenskap moet wees voordat mense uitgedaag kan word om hulle vertroue te kan verplaas en nie net 'n Jesus godsdiens bo-oor alles aan te smeer nie.
Die implikasies van die erkenning en dood eenvoudig die hoor en verstaan van die Afrika mens se tradisionele verstaan van die werklikheid is geweldig wyd en ek sal dit dus nie in die brief kan begin beskryf nie, maar dit is baie krities vir ons bediening in Mosambiek en wyer.
Foto's
Ek en Kobus op bileam op besoeke in Milange
Bo is ek en Kobus op Bilheam op besoeke in Milange. Onder links is ons saam met Henry, Susan en hulle ma besig met ontbyt by Morgenster Zimbabwe. Regs onder is ons besig met besoek aan die plaas van die IRM. Johan Uys wys ons die plaas en hier staan ons in die boontjieland voor die palms langs die stroompie.
Morgester Zimbabwe by Henry en Susan Murray tydens ontbyt   By Johan Uys op plaas voor palms, boontjieland
Huis
Dit lyk asof ons gelukkig is en dat die siektes by die huis nou aan die opklaar is.
Gebeds versoeke
  • Dankie vir gesondheid by die huis.
  • Dankie vir verskeie sinvolle gesprekke saam met Kobus en verskeie Christen werkers in Zambezia provinsie. Ons leer en ervaar baie.
  • Bid vir die res van ons toer.

Liefde
Danie
Vanuit 'n warm bedompige Quelimane
021 982 8632
082 721 3809 (word herlei na Bonny as ek in Mosambiek is).
00258 82 717 4148 (Mosambiek) SMS werk goed.
Kry redelik gereeld eposse in Mosambiek gelees.

Naasteliefde in waarheid

Wat is die kenmerk van 'n gelowige?  In Matt 25 word dit duidelik dat optrede teenoor jou naaste, die vrugte is wat 'n gelowige op...